ADVERTISEMENT:

 

Die rommelhoop wat vir Marissa Louw baie kopsere gee.

Sonde met die bure se rommel

 

News  Date: 27 July 2007

 

Mens is nie altyd op soek daarna nie, maar soms gebeur dit dat jy sommer sonder rede sonde met jou bure het.

Dit is die gevoel van me. Marissa Louw van Louis Trichardt. Sy het hierdie week die Zoutpansberger uit radeloosheid geskakel nadat niemand klaarblyk wou aandag skenk aan ‘n stink probleem wat sy met een van haar bure het.

Die probleem is ‘n vullishoop wat een van haar bure in hul erf opgaar. So elke paar dae word die hoop sommer so in die agterplaas aan die brand gesteek en dan, sê Marissa, smeul die gemors vir amper drie dae. Moenie glo nie, dit is nie net tuinvullis wat so verbrand word nie, nee, sommer huishoudelik vullis ook. Die probleem het haar al verskeie kere in die verleentheid gestel met besoekers wat wil weet "Wat stink so?"

Marissa sê sy het verlede Donderdag die munisipaliteit geskakel om te kla. Sy is deur een van die gesondheidsinspekteurs belowe dat hy sal ondersoek instel en die nodige stappe neem indien nodig.

Helaas, die probleem het vandeesweek nog steeds voort geduur.

Marissa sê sy het op een stadium selfs die plaaslike brandweer geskakel, maar ook daarvan het niks gekom nie. Sy sê dit is nie onredelik om aanspraak te maak op skoon, vars lug nie, aangesien mense toegang het tot munisipale dienste se rommelverwydering. Dit is ‘n raaisel vir haar hoekom haar bure nie van die dienste gebruik maak nie.

Volgens me. Louw is dit nie ‘n onredelike versoek om aanspraak te maak op skoon vars lig en ‘n stink vrye omgewing nie, aangesien die dorp oor die nodige munisipale dienste beskik vir rommel verwydering.

Op navraag was die munisipaliteit se Direkteur Gemeenskapsdienste geskok om te hoor dat daar wraggies mense is wat sommer in hul agterplase rommelhope aanhou en dan sommer net verbrand. Hy het inwoners die versekering gegee dat die Raad se twee gesondheidsinspekteurs spoedig die probleem sal oplos en dat hulle wel besig is om die aangeleentheid te ondersoek.

Magwala het inwoners gemaan dat dit ‘n oortreding is om vullis op te gaar en te verbrand. Oortreders sal aanmanings ontvang. Hy het bygevoeg dat Marrissa se versoek om skoon lug beslis nie onredelik is nie.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines