

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 August 2007
Gilbert Mulungwa (46), ‘n polisie-offisier vanaf die Waterval-omgewing, het Maandag, 13 Augustus, in die landdroshof op Louis Trichardt op ‘n klag van dwarsboming van die gereg.
Die klagte teen Mulungwa spruit uit ‘n voorval toe hy na bewering wederregtelik onwettige Zimbabwiërs vrygelaat het. Mulungwa en ‘n kollega van hom van die Mara SAPD was met 12 verbode Zimbabwiese immigrante na die Beitbrug-grenspos onderweg. In ‘n stadium het hulle by ‘n winkel gestop en toe Mulungwa se kollega terugkeer, het hy opgelet dat drie van die verbodes nie meer in die vangwa is nie.
Die saak teen Mulungwa is uitgestel na Maandag, 17 September, vir verdere verhoor.

ADVERTISEMENT:
