

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 October 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Borg is Vrydag (15de) in die plaaslike landdroshof geweier vir die ses mans wat daarvan beskuldig word dat hulle verantwoordelik was vir die plaasaanval op mnr. Gillie Fick (61) op 5 Oktober.
Die ses, Robert Mkhwanazi (25), Ndumiso Ndabandaba (29), Moses Mabhena (21), Vusi Ncube (29), Nkosana Ncube (34) en Paul Nyelika (33), het voor landdros Marcel Roos verskyn op aanklag van gewapende roof, oftewel ‘n Skedule 6 oortreding. Ingevolge die strafprosewet moet persone wat op ‘n Skedule 6 oortreding verskyn in hegtenis bly, sou hulle nie daarin kon slaag om buitengewone omstandighede aan die hof voor te lê wat hul vrylating op borg kan bewerkstellig nie. Nie een van die ses kon daarin slaag om die hof te oortuig dat hulle vrygelaat moet word. Drie van die verdagtes is van Tembisa, twee van Midrand en een van Zimbabwe.
Na aanleiding van nog ‘n geweldsmisdaad het die 24-jarige Freddy Tshikumo Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op klagte van poging tot moord en gewapende roof. Tshikumo het na bewering verlede Donderdagoggend drie vroue beroof by die ou Albany Bakkery in die industriële area. Een van die vroue het haar teëgesit, waarna Tshikumo na bewering die vrou in die kop geskiet het. Hy is oomblikke na die voorval deur ‘n lid van die plaaslike verkeersafdeling, mnr. Nico Theunissen aangekeer, na ‘n wenk deur ‘n munisipale werker. Tshikumo, wat vir etlike ure die polisie verniet laat soek het na die vuurwapen wat hy na bewering gebruik het, se saak is uitgestel tot 19 November.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
