ADVERTISEMENT:

 

Toerismevereniging kyk na pad vorentoe

 

News  Date: 17 August 2007

 

Die Soutpansberg Bemarkings- en Toerismevereniging se uitvoerende komitee het die afgelope vier maande hard gewerk om die vereniging se toekoms te bespreek en te sorg dat finansiële state opgestel word, sodat volledig verslag gedoen kan word by die vereniging se algemene jaarvergadering in September.

Die vergadering sal by die Hanglip Bosboustasie se saal gehou word.

Die Soutpansberg Bemarkings- en Toerisme Vereniging het reeds in 1993 begin om ‘n inligtings-, bemarkings- en ontwikkelingsdiens in die Soutpansberg-gebied te lewer. Hierdie inligtingssentrum was destyds by Safari Motors geleë. Die vereniging beoog om die uitstekende toerismediens en toerisme-ontwikkeling wat hieruit voortgevloei het, weer te laat gebeur.

"Toeriste stel belang in ons omgewing weens die pragtige natuurskoon, die unieke fauna en flora, die unieke kuns en kultuur hier te vinde, asook en veral ons wilde diere vir fotografiese en jagdoeleindes," sê die vereniging.

Baie privaat ondernemings bied dienste soos toere na die wildlewe, kuns en kultuur ondernemings, perderitte, museums, unieke natuurskatte wat volop in die omgewing is.

"Ons wil graag hierdie pragtige bates van die Soutpansberg uitbou, meer bekend maak en graag toeriste werklik bystaan om goeie en betroubare inligting te bekom oor ons pragtige omgewing. Jacqui van Graan, Felicity Oldreive, Clare Girardin en Inga Gilfillan word hartlik bedank hiervoor," sê die vereniging. Vorige voorsitters Jan Joubert en Willie Botha se samewerking hierin word ook waardeer.

Alle belangstellendes word genooi om betrokke te raak met voorstelle rakende die vereniging se toekomstige werksaamhede en idees rondom ‘n geskikte perseel om sake te bedryf. Mense met voorleggings kan vir Clare skakel by 082 603 0451 of Inga by 072 509 3939.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines