ADVERTISEMENT:

 

Lede van die brandweer het vir ‘n geruime tyd gespook om die vlamme onder beheer te kry. Die wrak van die tenkwa het die hele pad versper en teen druktyd laat Woensdagmiddag was die N1 nog vir verkeer gesluit.

Vier deur vlamme verswelg na botsing

 

News  Date: 24 August 2007

 

‘n Gru-ongeluk op die N1-noord by die Hendrik Verwoerd-tonnels het Woensdagmiddag die lewens geëis van vier mense.

‘n Dertig-ton dieseltenkwa onderweg na die Kongo het tromp-op met ‘n konstruksievragmotor gebots van ‘n kontrakteur betrokke by instandhouding op die N1. Beide voertuie het omgeslaan, waarna die dieseltenkwa in vlamme uitgebars het. Die bestuurder van die dieseltenkwa, asook ‘n moontlik passasier, het verkool. Twee ander persone, vermoedelik konstruksiewerkers, het doodgebrand toe hulle deur die vlamme verswelg is. ‘n Verdere twee mense, ook van die konstruksiemaatskappy, is beseer en per ambulans deurgejaag na die Louis Trichardt Gedenkhospitaal.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike van Louis Trichardt, wat op die toneel was, het die ongeluk net voor 13:00 plaasgevind. Volgens inligting beweer ‘n ooggetuie dat die bestuurder van die dieseltenkwa teen hoë spoed die berg af gekom het, waarna hy kort voor die tonnels beheer verloor het. Die dieseltenkwa het toe met die konstruksievoertuig gebots.

Lede van die brandweer het vir ‘n geruime tyd gespook om die vlamme onder beheer te kry. Die wrak van die tenkwa het die hele pad versper en teen druktyd laat Woensdagmiddag was die N1 nog vir verkeer gesluit. Motoriste het van die Witvlagpad as alternatiewe roete gebruik gemaak.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines