

ADVERTISEMENT:

News Date: 31 August 2007
Rosinah Mufanadzo Rambau (36) van Mulima en Mokgatjana Emanuela Malaka (51) van Vleifontein het Maandag, 20 Augustus, in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn op klagte wat verband hou met vervalste geboortesertifikate.
Rambau en Malaka is op 8 Augustus van bedrog aangekla, nadat daar gepoog is om met behulp van vervalste geboorte sertifikate kindertoelaes vanaf die Staat te eis. Geen rekord kon egter van die drie kinders gevind word waarvoor Rambau kindertoelaes wou eis nie, toe sy die sertifikate by die plaaslike Departement van Binnelandse Sake wou registreer.
Malaka is later aangekla as ‘n medebeskuldigde in die saak. ‘n Bedrag van R8 000 is reeds uitbetaal aan kinders waarvan geen rekord in hierdie stadium gevind kan word nie. Die twee se saak is uitgestel tot Maandag, 27 Augustus, vir verdere ondersoek en verhoor.

ADVERTISEMENT:
