ADVERTISEMENT:

 

Jagluiperdsaak uitgestel

 

News  Date: 07 September 2007

 

Anthony James Peniston (29) van Alldays, wat daarvan aangekla word dat hy onwettig jagluiperds gevang en aangehou het sonder ‘n permit, se saak het Dinsdag, 28 Augustus, weer voor die hof op Louis Trichardt gedien.

Peniston is op Woensdag, 16 Mei, aangekla, nadat lede van die Departement van Omgewingsake die plaas van Greenfields kom inspekteur het. Tydens die inspeksiebesoek is daar afgekom op vyf jagluiperds, twee mannetjies en drie wyfies, wat in kampe aangehou is.

Peniston is aangekla ingevolge Artikel 35 van Wet 7 van die Wet op Omgewingsbestuur. Dié wetgewing bepaal dat ‘n spesiale permit benodig word om spesiaal beskermde wild te vang en aan te hou.

Die saak teen Peniston is uitgestel tot Woensdag, 12 September, vir beslissing.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines