

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 September 2007
David Ndlovhu (18) van Mutonga en Salatiera Madzine (34) van Mosambiek het Vrydag, 31 Augustus, in die landdroshof op Louis Trichardt op klagte van onwettige jag by die plaas Boskoppies naby die Ben Lavin Natuurreservaat.
Ndlovhu en Salatiera is na bewering deel van ‘n groep van vier mans wat op heterdaad betrap is terwyl hulle wild uit draadstrikke gehaal het om te slag.
Arbeiders op die plaas het vars voetspore na die draadstrikke gesien en in die bosse gaan wegkruip. Vier verdagtes is opgemerk, waarna hulle gekonfronteer is. Twee het egter weggekom.
Die wild wat uit die draadstrikke gehaal is, het ingesluit ‘n bosbok, koedoe, vlakvark en duiker.
Ndlovhu en Salatiera se saak is uitgestel na Donderdag, 20 September. Hulle is borgtog geweier.

ADVERTISEMENT:
