

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 October 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Veertien mense is vroeg Sondagoggend op slag dood in een van die ergste ongelukke op die streek se paaie in baie jare.
Die ongeluk het omstreeks 00:30 naby die Boabab Tolhek plaasgevind, toe ‘n minibus taxi met 13 insittendes en ‘n insleepvragmotor kop-teen-kop met mekaar gebots het. Die geweld van die impak het die minibus aan flarde geruk en so ook al 13 insittendes op slag gedood. Die bestuurder van die insleepvoertuig is ook dood. Na wat verneem word, was al die insittendes van die minibus, insluitend ‘n jong kind, Zimbabwiërs. Lede van die plaaslike nood- en reddingsdienste het vir etlike ure gespook om die toneel op te ruim en verkeersvloei is in ‘n mindere mate ontwrig.
In ‘n tweede noodlottige ongeluk is ‘n polisiekaptein en inspekteur dood, nadat hulle met ‘n aankomende bus gebots het op die Chabani/Bokota-pad. Die twee, wie se name teen druktyd nog nie bekend gemaak is nie, was in ‘n staatsvoertuig op reis. Rondloper beeste het vermoedelik voor die polisiebeamptes se voertuig ingestap. Hulle het probeer uitswaai, maar het toe teen ‘n aankomende bus vasgejaag. ‘n Derde polisiebeampte, ook ‘n kaptein, is in die ongeluk ernstig beseer. Hy is later per helikopter afgevoer na die provinsiale hospitaal in Polokwane.
Sondag se gru-ongeluk het die dodetal op die streek se paaie sedert verlede Woensdag op 16 te staan gebring. Buiten hiervoor is talle mense ook tydens ander ongelukke lig tot ernstig beseer. In feitlik al die gevalle kon die ongelukke toegeskryf word aan menslike foute.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
