ADVERTISEMENT:

 

Vyftien jaar tronkstraf vir plaasaanvaller

 

News  Date: 14 September 2007

 

Albert Matsepang (26) van Morobeng, wat tereggestaan het op klagte wat onderskeidelik huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede en twee klagte van poging tot moord, is Dinsdag, 11 September, in die streekhof op Louis Trichardt skuldig bevind.

Matsepang se arrestasie het gevolg na ‘n plaasaanval op die plaas Bloemtuin in die Munnik-omgewing op 6 Desember verlede jaar. Sy vingerafdrukke is op die misdaadtoneel gevind.

Matsepang en sy makkers (wat nog op vrye voet is) het toegang tot die plaashuis verkry deur ‘n venster stukkend te gooi. Die egpaar wat in die plaashuis woon is oorrompel en verskeie messtekke toegedien, maar het gelukkig die aanval oorleef.

Die hof het Matsepang skuldig bevind op die klag van huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede. Die poging tot moord klagte is egter geskrap en verander na aanranding met die opset om ernstig te beseer. Matsepang is tot 15 jaar direkte tronkstraf op die klag van huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede gevonnis. Op die klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer het Matsepang ‘n verdere twee jaar tronkstraf ontvang, maar dit sal saam met sy 15-jaar vonnis uitgedien word.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines