

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 September 2007
Die toneelgroep van Hoërskool Louis Trichardt is bekend daarvoor dat hulle elke jaar hulle merk maak in die tiener toneelwêreld.
Hierdie jaar was glad nie ‘n uitsondering nie. Hulle het vanaf 27 Augustus tot 1 September aan die ATKV Tienertoneelkompetisie in Pretoria deelgeneem. Oudergewoonte het me. Nellie Wolmarans die regie waargeneem en die groep het die verhoogstuk Jy speel seker van die ervare plaaslike dramaturg, Bets Prinsloo, opgevoer. Jy speel seker was een van 24 toneelstukke wat tydens die kompetisie opgevoer is.
Individuele spelers Helet-Marie Young, Busiswe Mudau en Rudolph Boshoff het silwer sertifikate huis toe gebring. Dit is gelykstaande aan provinsiale kleure. Nog twee spelers, Thian Kloppers en Henri Boshoff, het brons sertifikate ontvang. Die toneelgroep is met ‘n brons sertifikaat beloon vir hul goeie samespel. Die regisseur en dramaturg het ook elk ‘n brons sertifikaat ontvang.
Een van die groep skryf van die senutergende ondervindings waardeur toneelspelers moet gaan. "Toneel is speel-speel. Dis nie realiteit nie. Maar die kompetisie is realiteit. Wanneer die gordyn oopgaan in die Kleinteater, wil die gehoor en die beoordelaars vermaak word met die beste dramaproduksie. Hulle wil nie weet van maande se bloedsweet en trane by die repetisies nie, vyf ure se rit in ‘n warm bus nie, senuwees wat knaag en ‘n noodhuplkissie wat oortyd werk nie…" Tydens die voorbereideing was daar ook "skerp humor, hope pret en baie, baie lag". Die groep is dit eens dat dit ‘n fees was en dat hulle nie die gehoor teleurgestel het nie en die dawerende applous het daarvan getuig.
"Die stuk deur tannie Bets Prinsloo handel baie oor die meeste mense se bekommernisse oor die wêreldbeker wat Suid-Afrika gaan aanbied. Dit gee ‘n boodskap op ‘n komieklike manier deur. Daar is dié mense wat net kyk wat hulle uit hierdie deal kan kry. Uiteindelik besef ons dat ons moet saamstaan om dit ‘n sukses te maak," sê ‘n ander lid van die toneelgroep, Joanelle Pretorius.
Einde verlede jaar het Prinsloo die ATKV se CR Swartprys gewen vir haar eenbedryf Gee jou hart vir Sneeuwit- ‘n mini pantomime, wat twee jaar gelede met groot sukses deur die skool se toneelgroep opgevoer is.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
