

ADVERTISEMENT:

News Date: 28 September 2007
Die kombuis van die hospitaal op Musina moes vir twee weke lank alternatiewe planne vir voedselverskaffing aan die hospitaal se pasiënte maak, toe ‘n leweransier nie instaat was om sy kontrak met die hospitaal na te kom nie.
Die amptelike woordvoerder vir die provinsiale departement van gesondheid, mnr. Phuti Seloba, het by navraag bevestig dat die hospitaal onlangs vir twee weke lank geen vars vleis ontvang het van die gekontrakteerde leweransier nie. Die kontrakteur het aangevoer dat sy voertuig onklaar geraak het en hy gevolglik nie instaat was om sy verpligtinge op die vasgestelde tye na te kom nie.
Mnr. Seloba sê dit was bloot die vleisverskaffing wat geraak is en daar kan gevolglik nie sprake wees van ‘n algehele voedselkrisis nie. Die pasiënte is steeds van kos voorsien. Hy sê die probleem is intussen opgelos en die situasie by die hospitaal is nou weer normaal.
Toe die hoof uitvoerende beampte van die hospitaal op Musina vroeër oor die aangeleentheid genader is, wou hy weet wie die media oor die krisis ingelig het. Hyself het egter geweier om enigiets oor die aangeleentheid te sê en die navraag na die provinsiale owerheid verwys, wat op hul beurt eers ‘n verslag oor die aangeleentheid van die hospitaalowerheid moes aanvra.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
