ADVERTISEMENT:

 

Groen ligte op nasionale vlak bespreek

 

News  Date: 12 October 2007

 

Hoëvlak samesprekings tussen die nasionale topbesture van die Suid-Afrikaanse Polisie en die TLU SA oor aangeleenthede soos die gebruik van groen ligte in die bekamping van misdaad en die probleem van onwettige arrestasies in Limpopo, het verskeie positiewe resultate opgelewer. Waarnemers het die uitslag van die samesprekings as "besonder positief" beskryf.

Die samesprekings het verlede in Pretoria plaasgevind.

In ‘n telefoniese gesprek het die voorsitter van die TLU SA se veiligheidskomitee, mnr. Gideon Meiring, gesê konstruktiewe samesprekings is gevoer met Nasionale Adjunk-kommissaris Pruis van die SAPD.

"Ons is goed ontvang en het ‘n goeie gesprek gehad. Onder die onderwerpe wat bespreek is, was die steunkringstelsel vir burgerlike beveiliging en ook die probleem met onwettige arrestasies in Limpopo. Adjunk-kommissaris Pruis het begrip getoon vir die positiewe bydrae van die plaaswagstelsel, wat vir die polisie help om die beweegruimte van misdadigers te beperk. Hy het ook begrip getoon vir die feit dat alle lede van die steunkringe nie gerieflik sou wees om as polisie reserviste ingebind te word nie, maar sal voortgaan om in steunkringverband saam te werk. Dit is duidelik dat hy nie ‘n probleem het met die voortgesette gebruik van groen ligte in die bekamping van misdaad nie," het mnr. Meiring gesê.

Mnr. Meiring het ook aangedui dat hyself weens toenemende werksdruk hom nie weer as voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie sal beskikbaar stel nie. Hy bly egter aan as nasionale voorsitter van die veiligheidskomitee.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines