ADVERTISEMENT:

 

Borg toegestaan aan verdagtes in opspraakwekkende Khoja’s-moordsaak

 

News  Date: 26 October 2007

 

Die landdroshof op Louis Trichardt het Dinsdag, 23 Oktober, borg toegestaan aan twee van die drie verdagtes wat aangekeer is in verband met die opspraakwekkende Khoja’s-moordsaak.

Mulalo Prince Ludere (30) en Nehmed Panwala (30) is borg toegestaan en vrygelaat, nadat die Staat nie genoegsame bewys kon lewer om die aangeklaagdes in aanhouding te hou nie. Die derde aangeklaagde in die saak, Richard Raphebele (26), wat op die toneel gearresteer is, sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning in die hof op 20 November.

Ludere, Panwala en Raphebele is aangekeer kort ná die gewapende roof by Khoja’s Modern Store in Eltivillas op Woensdag, 5 September. Tydens die roof is die 60-jarige Yogendra Baboo Chelani koelbloedig doodgeskiet en sy 84-jarige pa, Baboo Mohanlal Chelani, gewond.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines