ADVERTISEMENT:

 

Klein Jaco het dringend hulp nodig

 

News  Date: 26 October 2007

 

Op ouderdom 20 maande is die klein Jaco Otto van Louis Trichardt in ‘n oorlewingstryd gewikkel en benodig hy dringend mediese hulp.

Klein Jaco het ‘n liesbreuk opgedoen, waarna komplikasies weens infeksie ingetree het en die moontlikheid bestaan dat dit in kanker kan omsit. Die goeie nuus is dat medici die breuk en infeksie deur middel van ‘n redelik eenvoudig operasie kan herstel, maar ongelukkig beskik sy ouers nie oor ‘n mediese fonds nie. Intussen is die tyd besig om vinnig uit te loop vir klein Jaco, aangesien die operasies voor sy tweede verjaarsdag (24 maande) moet plaasvind.

‘n Bedrag van R15 000 word benodig vir die operasie. Lede van Ladies Circle 4 op Louis Trichardt het hulle reeds oor klein Jaco se lot ontferm en te danke aan hulle en die hulp van ander liefdadigheidsorganisasies is ‘n bedrag van R6 000 reeds geïn. Dit sluit die R1 000 in wat die ouers van die kleuterskool waar klein Jaco is, ingesamel het.

Persone wat kan help om Jaco se kanse op ‘n normale lewe te verseker kan inbetalings doen in Ladies Circle 4 se bankrekening. Die rekening is by die plaaslike tak van Eerste Nasionale Bank en die rekeningnommer is 52860029358. Die naam "Jaco" moet as verwysing op die inbetalingsbewys aangebring word.

"Alle fondse wat inbetaal word, sal direk oorbetaal word aan die spesifieke dokter wat die operasie in Polokwane sal uitvoer," sê Melinda Prinsloo, voorsitter van Ladies Circle 4. Vir meer inligting kan sy geskakel word by tel. 082 787 2476.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines