

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 November 2007
Die saak teen die 44-jarige man van Levubu wat in Maart vanjaar van onsedelike aanranding aangekla is, is vandeesweek in die landdroshof op Louis Trichardt teruggetrek.
Die man is aangekla nadat ‘n sekuriteitswag beweer het die inwoner het hom R5 000 aangebied om naakfoto’s van hom te neem. Die sekuriteitswag het ook beweer die man het hom betas en sy privaatdele met ‘n salf besmeer wat hom ‘n ereksie gegee het "wat dae lank" nie wou weggaan nie. Die kwessie rondom betaling is nooit betwis nie en die wag het ook toestemming gegee vir die dade. Die wag het egter die saak gaan aanmeld nadat die effek van die "salf" nie wou uitwerk nie en het beweer hy het nooit toestemming gegee dat "skadelike middele" op hom gesmeer word nie.
Die salf is intussen vir forensiese toetse weggestuur wat bevind het dat die mengsel geen skadelike middele bevat nie. Die bevindinge is aan die hof oorgedra, waarna daar besluit is om die saak teen die beskuldigde terug te trek, aangesien die klaer toestemming vir die ander dade gegee het.

ADVERTISEMENT:
