

ADVERTISEMENT:

News Date: 29 October 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - ‘n Gedenkdiens ter herinnering aan wyle Tobie Mülder (25) is op Sondag, 24 Oktober gehou, nadat hy op 7 Augustus raaiselagtig oorlede is in ‘n motorongeluk in Polokwane.
Baie onsekerhede omring die omstandighede van Tobie se dood. Mnr. Tobie Mülder senior, wyle Tobie se oupa, het eers op 18 Oktober gehoor dat sy kleinkind oorlede is. Tobie, oftewel “Otta,” soos sy familie hom geken het, is vanaf sy geboorte op 29 September 1978 soos ‘n eie kind grootgemaak deur oom Tobie en oorlede tannie Hannetjie. Dit was vir oom Tobie ‘n geweldige skok toe hy hoor dat Tobie al meer as twee maande gelede oorlede is.
Die smart is nog rou in oom Tobie wanneer hy daaraan dink hoe hy by die lykskhuis gekom het en sy reeds ontbinde kind moes uitken.
“Toe lê my kind daar,” sê oom Tobie. “Ek dank my God dat ons hom hier kon begrawe.” Die gekenkdiens is in die Volle Evangeliekerk gehou deur pastoor Johan Swanepoel, met die teraarde bestelling daarna by die Louis Trichardt begraafplaas.
Tannie Hannetjie het oom Tobie op 22 September 2002 ontval. Hy het sy dogter, Anne-Marie, op 20 September vanjaar aan die dood afgestaan en nou vir Tobie.
Daar kon nog nie met sekerheid vasgestel word hoeveel voertuie in die ongeluk betrokke was en wie die insittendes was nie. Al gegewens wat die polisie op Polokwane vermoedelik gehad het, was dat die oorledene se naam Tobie is en dat hy geen familie het nie.
Oom Tobie sê dat mnr. Reino Mostert, beheerstaatsaanklaer, hom behulpsaam is om meer te wete te kom rondom die raaiselagtige dood van jong Tobie.
“Ek sê dankie aan mnr. Mostert vir dit wat hy vir my moontlik gemaak het toe ek hom om hulp gevra het. Baie, baie dankie, u het my en my familie gehelp om my seun se liggaam op te spoor. Ek is nie skaam om te sê nie, u het my ook finansieel gehelp toe ek niks gehad het nie en Pietersburg toe moes reis. Die wêreld moet weet dat God het nog liefde,” sê oom Tobie.
Verder bedank oom Tobie spesiaal sy kinders, skoonkinders, familie en vriende. Hy noem ook graag mev. Louisa Cadwell vir haar bystand en vertroosting. ‘n Woord van dank en waardering gaan ook aan mnr. Jan Brink van AVBOB, die Volle Evangeliekerk van God van Louis Trichardt, pastoor Johan Swanepoel, asook mnr. Gideon van Zyl van die munisipaliteit vir die reël van die graf op baie kort kennisgewing.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
