

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 November 2007
Werk die saamboerdery op die grondeiseplase op Levubu?
Die eerste maatskappy wat as ‘n strategiese vennoot die plase bestuur het, is besig om te onttrek.
Die maatskappy, MAVU, se uitvoerende direkteur, mnr. Frans Prinsloo, het op 6 November gesê dat hulle nou in ‘n uiters sensitiewe deel van die onderhandelings is.
"Ek is versoek om nie in hierdie stadium met die pers te praat nie, maar ek sal op ‘n later stadium volledig verslag gee," het Prinsloo gesê. Hy het wel gesê dat hy alreeds in Junie kennis gegee het dat hy wil onttrek en dat hulle in die proses is om die voorwaardes van die skeiding te onderhandel met die grondeisekomisseie, die Landboudepartment en die nuwe grondeienaars.
In Julie 2005 het MAVU gehoor het dat hulle aansoek om as ‘n strategiese vennoot op te tree suksesvol was, maar die amptelike kontrakte is glad nie onderteken nie. Prinsloo was egter steeds vol moed.
Intussen is daar ‘n interim vennoot om die grondeiseplase te bestuur, ‘n maatskappy met die naam UMLIMI, aangestel. Cobus Cronjé, een van die twee bestuurders van UMLIMI, het hierdie week gesê: "Ons bestuur die plase wat deur die regering gekoop is vir die interim periode tot 30 November. Die grond beslaan 2 200 hektaar en is die grond van die Ratombo- en Shigalo-gemeenskappe. Ons boerdery sluit in sagtevrugte, macadamianeute, avokadopere, piesangs en koejawels. Ons is besig met onderhandelinge vir ‘n langtermyn kontrak." UMLIMI se ander bestuurder is mnr. Deon Schuhardt en die maatskappy se hoofkantoor is in die Kaap, met nog ‘n kantoor in Centurion. Cronjé wou nie besonderhede oor die langtermyn kontrak bekendmaak nie.
Die voorsitter van die Levubuvallei Boerevereniging, mnr. Werner Muller, het gesê dat die MAVU-groep uit is en die UMLIMI groep in. Wat die oorspronklike groep betref, sê Muller: "Die vermoëns was daar en ek het net begin dink hulle staan ‘n kans op sukses. Dit het net begin lyk of hulle lus is vir die ding, toe word daar tenders uitgesit vir nog ‘n strategiese vennoot. Ek vermoed dat interne wrywing tussen hulle en die regering en kontrakprobleme die ding gesink het." Wat die nuwe maatskappy aanbetref, sê Muller dat dit nog te vroeg is om te sê of hulle ‘n sukses gaan maak.
"Ons hoop van harte dat hulle ‘n sukses gaan maak," sê Muller.
Ds. Petrus Kriel van die NG Kerk Levubu sê dat die interne probleme tussen die regering en die huurders van die grond nie die gemeenskap direk raak nie.
"Die invloed wat op die gemeenskap uitgeoefen is, het klaar gebeur. Die grond is klaar weg uit die gemeenskap," sê ds. Kriel.
Levubu was nog altyd bekend as ‘n vername produsent van sub-tropiese produkte. Die macadamia- en avokado-oeste het ten minste R200 miljoen per jaar verdien met die totale inkomste van al die produkte sowat R500miljoen.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
