ADVERTISEMENT:

 

Hayward-moordsaak begin momentum kry

 

News  Date: 16 November 2007

 

Drie jaar na die grusame dubbele-moord op bekende besigheidsegpaar Clint (35) en Michelle Hayward (37), wat in hul slaapkamer in hul woning by die Mountain View Hotel koelbloedig doodgeskiet is, lyk dit of die saak teen die aangeklaagdes eindelik begin momentum kry.

Die Staat se saak teen twee van die drie aangeklaagdes in die moordsaak, Themba Chirume en Chirume Liberty Marumo (albei van Zimbabwe), het verlede week tydens ‘n sitting van die rondgaande Hooggeregshof in Louis Trichardt voorgekom. Die saak teen die twee is herhaaldelik uitgestel in afwagting op ‘n uitleweringsbevel om ‘n derde verdagte vanuit polisie-aanhouding in Zimbabwe na Suid-Afrika te bring. Die bevel is na maande se wag toegestaan, maar toe lede van Interpol in Zimbabwe opgedaag het om die verdagte onder arres te plaas, is hulle meegedeel dat hy ‘n week vantevore vrygelaat is.

Daar is egter besluit om in die afwesigheid van die derde verdagte steeds te begin met die verhoor van Chirume en Marumo. Advokaat Louw Pienaar tree as aanklaer vir die Staat op. Louw word beskou as een van die Prokureur Generaal se mees bekwame aanklaers en word gereken as die aanklaer wat die meeste doodsvonnisse as strafaksie kon kry toe die doodstraf nog in gebruik was.

Vanaf Maandag, 5 November, tot Donderdag, 8 November, is daar begin met die aanhoor van getuienis. Die laaste sitting van die Hooggeregshof is uitgestel na 14 tot 18 Januarie vir verdere verhoor.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines