ADVERTISEMENT:

 

Welkome reën sak oor Soutpansberg uit

 

News  Date: 30 November 2007

 

Meer as 78mm reën het in die opvanggebied van die Albasinidam geval. Die Albasini se vlak staan op 38.45%.

Die 78.40mm reën wat op Maandag, 26 November, gemeet is, is die grootste reënval vir die maand in daardie omgewing. Vir die ander weke in November is daar net katspoegies van 2mm, 18.6mm en 4.6mm gemeet. ‘n Maand gelede het die Albasini net oor die 39% water gehad. Die Middel Letabadam het die afgelope maand teruggesak van 15% na 14% en geen reën is daar opgeskryf deur die Departement van Waterwese en Bosbou nie.

Die Nandonidam in die Levuvhurivier het met amper 1% gesak en staan op 95.43% nadat die damvlak ‘n maand gelede op 96.25% gestaan het, toe daar 75mm reën uitgesak het. Geen reën is die afgelope maand daar aangeteken nie. Die Vondodam in die Mutshindudirivier is 74.55% vol nadat dit ‘n maand gelede ‘n rapsie oor die 79% vol was. Die Glen Alpinedam staan op 6%, nadat daar 47mm reën geval het en die dam binne ‘n week met meer as een persentasiepunt gestyg het.

Die Luphephe dam staan op 34.89% met geen reën aangeteken nie, terwyl daar by sy tweeling, die Nwanedidam, ‘n reënval van 44mm aangeteken is. Die Nwanedi se vlak word aangegee as 69.85% nadat dit ‘n maand gelede 10% laer was. Die departement se lesings by Nwanedi vir die verskillende weke in November is verwarrend, aangesien dit soms in die 30% is en soms bo 50%, terwyl die damvlakke in meters nie ooreenkom nie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines