ADVERTISEMENT:

 

Laerskool skaal Afrikaans af

 

News  Date: 05 November 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Ouers van Laerskool Soutpansberg is in kennis gestel dat seker klasse vanaf Januarie 2005 gekombineer sal word.

Afrikaanse Graad 6- en 7-leerlinge sal volgende jaar in een klas geakkommodeer word. Hulle sal dieselfde rooster volg, maar verskillende opdragte voltooi en verskillende toetse en eksamens aflê. Die Afri-kaanse Graad 4- en Graad 5-klasse sal op dieselfde manier gekombineer word.

Hierdie besluite is genoodsaak as gevolg van die krimpende getal leerlinge in die skool wat graag deur medium van Afrikaans sou wou onderrig ontvang en die invloed wat dit op die personeelvoorsiening van die skool het.

In ‘n skrywe haal die skoolhoof, mnr. John Whiteley, die Departementele beleid aan wat sê: “... if there are 40 requests per Grades 1-6 or 35 requests in Grades 7-12 for instructions in a language ...”

Die huidige Graad 1- en Graad 2-leerlinge is so ‘n klein groepie dat hulle steeds, na kombinasie, nie ‘n klas op hul eie regverdig nie. Hierdie leerlinge sal saam met Engelse leerlinge in ‘n klas geplaas word waar die onderrig in beide onderrigtale sal geskied.

Mnr. Rossie Bezuidenhout, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het gesê dat dit nog te vroeg is om ‘n uitspraak te gee oor die bestuur van ‘n moontlike Afrikaanse Graad 1-klas vir volgende jaar.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines