ADVERTISEMENT:

 

Verdagtes in Pretorius-moord wag nog vir hofdatum

 

News  Date: 07 December 2007

 

Die saak teen die twee moord- en roofverdagtes in die opspraakwekkende moordsaak van mev. Ria Pretorius op 2 Januarie vanjaar het Maandag, 3 Desember, in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn.

Pophi Mudau (36) en Jeffrey Tshimangadzo Mudau (34) word daarvan aangekla dat hulle me. Pretorius (44), ´n sakevrou van Levubu, koelbloedig doodgeskiet het tydens ‘n roof sowat 2km uit op die Thohoyandou-pad.

Pophi is aangekeer na nog ‘n gewapende roof van ‘n Indiër-sakeman. ‘n Nommerplaat is op die toneel van die roof gevind en teruggespeur na Pophi. Na ondervraging van Pophi is Jeffrey aangekeer. Jeffrey het op sy beurt ‘n derde verdagte, wat bekend was as Snowy in die kriminele wêreld, uitgewys. Snowy is egter deur lede van die polisie op 3 Februarie by Mpheni doodgeskiet.

Pophi en Jeffrey se saak is tydens hul verskyning hierdie week weer uitgestel, na 21 Januarie, in afwagting op ‘n hooggeregshofdatum.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines