ADVERTISEMENT:

 

Dr. Cornelis Roelofse met sy digbundel Libithanos. Die omslag en kleur illustrasies binne is gegrond op olieverf skilderye deur die digter.

Akademikus ‘n man van vele talente

 

News  Date: 14 December 2007

 

‘n Bundel met 52 gedigte oor ‘n wye spektrum onderwerpe en menslike belewenisse is die verrassende jongste pennevrug van die bekende akademikus dr. Cornelis (Neels) Roelofse, tans hoof van die departement kriminologie aan die Universiteit van Venda.

Dr. Roelofse, wat vandeesweek teruggekeer het uit Londen waar hy op uitnodiging ‘n lesing aan senior studente van die Universiteit van Westminster aangebied het, het reeds verskeie vakartikels gepubliseer en vroeër vanjaar ook ‘n boek die lig laat sien oor gemeenskapspolisiëring. Sy jongste pennevrug, ‘n digbundel, is egter heeltemal ‘n nuutjie. Die digbundel bevat ook verskeie van sy skilderye - nog ‘n stokperdjie van dié veelsydige personeellid van Univen.

Die onderwerp van sy lesing in Londen (sover bekend die eerste wat deur ‘n lid van die departement kriminele regspleging van Univen by die Universiteit van Westminster gelewer is) was: An Appraisal of the Criminal Justice System in Post Apartheid South Africa en het hoofsaaklik op die funksie van die Suid-Afrikaanse polisie gefokus. In die lesing maak hy onder meer die stelling dat die misdaadvoorkomingsfunksie wat aan die SAPD opgedra word problematies en ‘n onuitvoerbare opdrag is, omdat dit wesentlik ‘n verantwoordelikheid van die totale gemeenskap is.

Hy was voorheen ook al as spreker betrokke by ‘n internasionale kongres oor kriminologie in Dubai.

Sy liefde vir die digkuns, sê hy, het hy aan sy ma Emily te danke. Hy is tans besig met nog ‘n bundel, maar werk ook terselfdertyd aan ‘n versameling van Afrikaanse wysheidspreuke.

Dr. Roelofse is in 1952 in George gebore. Hy het in 1970 by Kwaggas matrikuleer en het daarna hoofsaaklik ‘n loopbaan in misdaadvoorkoming gevolg. Hy het die grade BA ub Polisiekunde, NA Hons en MA aan Unisa behaal en die graad PhD aan die Universiteit van Limpopo, waar hy van 1994 tot 1999 ‘n dosent in Kriminologie was.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines