

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 December 2007
Na ‘n aanvanklik stadige begin, het inskrywings hier aan die einde behoorlik ingestroom vir die Zoutpansberger en Limpopo Mirror se jaarlikse kalenderfoto kompetisie.
Digby die 40 van die streek se fotograwe het hul kiekies ingestuur vir beoordeling met die hoeveelheid inskrywings wat bykans verdubbel het sedert verlede jaar.
"Oor die algemeen was die gehalte van inskrywings baie beter as die vorige twee jare," was die opmerking van die beoordelaars.
Die aanvanklike amper 500 inskrywings is tydens ‘n voorlopige keuringsgrondte na net meer as 80 moontlike keuses verminder, waaruit die finale 12 wenfoto’s gekies is.
"Daar is sekerlik ‘n paar beter inskrywings gewees as die finale 12 foto’s wat gekies is, maar deelnemers moet onthou dat hierdie nie ‘n fotografiese kompetisie was waar daar net gekyk is na die tegniese aspekte van die foto’s nie. Nee, hierdie was ‘n kalenderfotokompetisie. Op die ou end moes die wenfoto’s ‘n mooi prentjie maak," sê Andries van Zyl van die Zoutpansberger.
Die finale keuring van foto’s het verlede Vrydag plaasgevind. Die wenners was fotograwe Michael Dippenaar en DG Breed wat beide twee wenfoto’s opgelewer het en elk R1 000 in prysgeld ontvang, asook R500-wenners Bernard Sevenster, Gerrie du Preez, AG Oberholzer, Rainer Rauch, Madeleen van den Berg, Corlia Lubbe, Charlotte Swardt en Lourens Greyling.
Wat volgende jaar se kompetisie betref, is daar besluit om die getal inskrywings na vyf per fotograaf te beperk. Daar sal ook gekyk word na spesifieke kategorieë soos byvoorbeeld landskap, mense en natuurlewe.
"Dié kompetisie is duidelik baie gewild, daarom kyk ons na maniere om dit beter te maak," sê Andries.
Intussen is daar begin met die druk van die A2-formaat kalenders. Die kalenders sal deur die koerantgroep gebruik word vir bemarkingsdoeleindes, terwyl hulle ook vanaf Januarie by die kantore van die Zoutpansberger te koop aangebied sal word teen R25 elk.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
