ADVERTISEMENT:

 

Sogenaamde “mopanie-wurms” is nou besig om wasdom te bereik in die Limpopo bosveld. Talle van die tradisionele lekkerny is reeds op paaie en in mopaniebome sigbaar. Hulle word gretig versamel, ook deur motoriste wat die streek van elders besoek.

Streek maak gereed vir ‘n rekord Mopaniewurm-oes

 

News  Date: 21 December 2007

 

Die jaarlikse Mopaniewurm "stormloop" is in aantog.

Duisende van dié ruspes is reeds besig om hul verskyning te maak in die mopanie-bosveld. Die ruspes is ‘n gesogte tradisionele lekkerny in Limpopo en, in gedroogte vorm, behaal dit regdeur die jaar hoë pryse. Dit het by geleentheid ook reeds oorsese belangstelling uitgelok as ‘n belangrike, hernubare, ryk bron van proteïen.

Dit word as ‘n droë happie of as gekookte bestanddeel in tradisionele disse gebruik.

Wanneer die volwasse ruspes begin rondbeweeg, is dit ‘n algemene gesig om voertuie uit Gauteng en elders langs die noordelike N1en ander grootpaaie in die Limpopo Bosveld te sien, waar mense gretig deelneem aan die jaarlikse stormloop om houersvol te versamel.

Die ruspes word deur verskeie ondernemers op groot skaal kommersieel versamel, gedroog en versprei.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines