

ADVERTISEMENT:

News Date: 21 December 2007
Die gewilde stilhouplek in die skilderagtige Masekwaspoort langs die noordelike N1, is nou in sy geheel ingeneem deur vrugtesmouse.
In die skaduryke poort, wat allerweë as een van die mooiste dele van die N1 beskou word, is verskeie beton tafeltjies en –banke aangebring. Dit was vroeër ‘n gewilde stilhouplek vir toeriste en plaaslike motoriste wat ‘n bietjie wou bene rek. Dit was vir inwoners van Louis Trichardt soms ook ‘n gewilde bestemming vir ‘n ontspannende namiddag uitrit weens die treffende natuurlewe.
Nadat smouse op die plek begin toesak het, was daar aanvanklik ‘n verstandhouding dat hulle die sitplekke en tafeltjies sou ooplaat vir besoekers.
Selfs dié "vergunning" vir moeë motoriste het gaandeweg in die slag gebly, omdat die smouse dit self begin benut het as sit- en lêplek, terwyl hulle wag op kliënte. Tans word selfs al die sitplekke en tafeltjies benut om smousware op uit te stal en is daar hoegenaamd nie meer sprake van ‘n uitspanplek vir motoriste nie.
‘n Gevaarlike situasie word geskep deur die feit dat die "rusplek" om ‘n draai in die poort geleë is en informele verkopers se lewens in gevaar gestel word, wanneer hulle oor-en-weer oor die bedrywige N1 beweeg om kliënte te bedien. Een verkoper is so reeds noodlottig beseer.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
