ADVERTISEMENT:

 

Wyle klein Gerhardt Wepener.

Egpaar staan jong babaseun aan die dood af

 

News  Date: 11 January 2008

 

"Baie mense wat nog nie in so ‘n situasie was nie sit en tob oor hoe ‘n mens so iets verwerk. Daar is egter een ding wat hierdie tragedie ons as ouers geleer het en dit is dat die Here direk na jou toe kom en met jou praat. Hy omvou jou letterlik met vertroosting. As kind van die Here sal jy daardeur kom."

Dit is die vertroostende woorde van pa Jaco en ma Zinta Wepener wat op 21 Desember hul 18 maande oue seuntjie, Gerhardt, skielik aan die dood moes afstaan.

"Dit was ‘n moeilike tyd waardeur ons moes gaan, maar ons het deur die geloof in God vrede en berusting gevind," sê Jaco.

Klein Gerhardt is op Donderdag, 27 Desember, vanuit die AP Kerk Louis Trichardt-gemeente begrawe.

"Baie, baie dankie vir elke boodskap van vertroosting, SMS, mense wat kos gebring het en sommer die hele gemeenskap wat ons ondersteun het. Dankie ook vir elke predikant en dokter wat ons besoek of bygestaan het. Julle sal nie glo watter bystand ons ontvang het van mense wat ook al kinders aan die dood moes afstaan nie," is die boodskap van die Wepener-egpaar.

"Die hartseer is steeds daar, maar ons het besef ons het nog twee pragtige dogtertjies, Inge en Jonél, om voor te lewe."

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines