ADVERTISEMENT:

 

Werker sterf na hy in voermenger val

 

News  Date: 18 January 2008

 

‘n Ses-en-dertigjarige werker van Limpopo Melkery is Sondag dood, nadat hy in ‘n voermenger beland het.

Die oorledene, mnr. Thomas Ramavhoya, se liggaam is omstreeks 11:00 in ‘n voermenger gevind. ‘n Halfuur vantevore was hy en ‘n kollega saam besig om beesvoer te meng, waarna die kollega gery het om die beeste te gaan voer. Met sy terugkoms was daar geen teken van mnr. Ramavhoya nie. Sy kollega het begin rondvra, maar later besluit om maar alleen aan te gaan met die mengproses. Dit was toe dat hy mnr. Ramavhoya se hoed in die menger opmerk. Die menger is dadelik afgeskakel en kort daarna is daar op mnr. Ramavhoya se liggaam afgekom.

"Ons is totaal in die duister oor wat gebeur het," het mnr. Joubert Fourie van die melkery Woensdag gesê.

Mnr. Ramavhoya was alleen ten tye van die voorval. Hy was reeds sedert 1994 werksaam by die melkery en het vir die afgelope jaar en sewe maande die voermenger beman.

"Ons eie veiligheidskomitee het eerste ding Maandagoggend begin met ‘n interne ondersoek oor die voorval," het Joubert gesê. Buiten vir die polisie-ondersoek, word die voorval ook deur die Departement van Arbeid ondersoek.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines