

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 February 2008
‘n Hulpfonds vir Stiaan Oosthuyzen, wat op 22 Desember verlede jaar ernstig beseer is in ‘n motorongeluk, gaan deur prokureur Stephné van der Westhuizen geregistreer en geadministreer word.
Totdat ‘n formele fondsinsamelingsnommer vir ‘n hulpfondsrekening bekom kan word, sal die onderneming behulpsaam wees met die hantering van bydraes.
Die firma het bevestig dat Van der Westhuizen Prokureur sy trustrekening beskikbaar stel vir die voorlopige fasilitering van bydraes, wat gemaak word om Stiaan se gesin behulpsaam te wees met mediese kostes ten opsigte van sy behandeling wat nie deur die mediese fonds gedek word nie.
Vir elke bydrae tot die fonds sal ‘n kwitansie uitgereik word. Die onderneming sal geen fooie hef vir die dienste aan die gesin of ten opsigte van die administrasie van die fondse nie.
Die volle mediese koste sal eers bekend wees wanneer alle rekenings ontvang is.
Voornemende donateurs word versoek om met die prokureurskantoor as administrateurs van die fonds te skakel vir verdere besonderhede by tel. 015 516 3025, 015 516 0272 of 015 516 0536.
Stiaan is ná ‘n geruime tyd in die intensiewe sorgeenheid van ‘n Pretoriase hospitaal nou terug by sy gesin op Louis Trichardt, waar hy nog aansterk.

ADVERTISEMENT:
