ADVERTISEMENT:

 

Man wat dogter molesteer vir berading gestuur

 

News  Date: 08 February 2008

 

Die 36-jarige-man wat verlede week op Louis Trichardt in die hof verskyn het op ‘n klagte van bloedskande en onsedelike aanranding van sy 16-jarige dogter is saam met sy familie vir berading verwys.

Die man, wat tans woonagtig is in Charl Cilliers, Mpumalanga, het reeds op 19 September verlede jaar in die plaaslike landdroshof verskyn, waarna die saak na die Streekhof verwys is.

Voordat die verhoor egter verlede week kon begin, het die Staat en die man se regsspan, adv. Johan Englebrecht en plaaslike prokureur André Naudé, ooreengekom dat daar na ‘n alternatiewe oplossing vir die familie se probleme gekyk moet word. eerder as om voort te gaan met die saak. Daar is toe besluit dat die beskuldigde en sy familie vir berading gestuur word na Pretoria as gevolg van die emosionele aard van die saak.

Die klag teen die man volg nadat hy na bewering sy eie dogter oor ‘n tydperk van twee jaar betas en toe verkrag het. Dit sou plaasgevind het oor die tydperk tussen Desember 2005 en Maart verlede jaar.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines