ADVERTISEMENT:

 

Vyf verbodes sterf nadat polisievoertuig omslaan

 

News  Date: 22 February 2008

 

Vyf verbode immigrante is Saterdagoggend, 16 Februarie, dood nadat die polisievoertuig wat hulle teruggeneem het Zimbabwe toe op die Musina/Beitbrug-pad omgeslaan het.

Altesaam 50 verbode immigrante was in die doelvervaardigde polisievragmotor toe die ongeluk plaasgevind het. Na wat verneem word, was drie voertuie in die botsing betrokke. Musina polisiewoordvoerder konstabel Debra Bob kon egter geen verdere besonderhede bekend maak nie, hangende die uitslag van die polisie ondersoek na die ongeluk.

Vier verbode immigrante het op die toneel gesterf. Nog een het later in die hospitaal op Musina beswyk. Alhoewel al 45 verbode immigrante beseer is, is net agt in die hospitaal opgeneem is vir verdere behandeling. Die drie bestuurders van die voertuie is lig beseer.

Konstabel Bob het Maandag gesê dat van die beseerdes reeds na Zimbabwe gedeporteer is. Die meer ernstig beseerdes sal teruggestuur word sodra hul uit die hospitaal ontslaan kan word.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines