

ADVERTISEMENT:

News Date: 29 February 2008
Mev. Ruth Greef van Louis Trichardt kon nog steeds nie haar opgewondenheid beteuel nie toe die Zoutpansberger haar Dinsdag gevra het hoe dit voel om een van die Hummer H3’s te gewen het in Cell C se nasionale promosie.
"Ek kan nie vir jou vertel hoe dit gevoel het toe daardie liggie aangaan nie. My seun sê mos hy het nie gedink sy ma kan so hoog spring nie," vertel Ruth. Sy was een van vyf nasionale finaliste wat in aanmerking gekom het om ‘n Hummer te wen in die vierde maandelikse trekking van Cell C se nasionale Hummer-promosie. Die vyf finaliste, twee van Gauteng, een van Port Elizabeth, een van Kaapstad en een van Louis Trichardt, is Vrydag, 22 Februarie, na Sandton in Johannesburg genooi waar die Januarie-trekking plaasgevind het.
"Hulle het ons een vir een voorgestel volgens nommer en daarna mos ons volgens nommer ‘n sleutel trek. Ek was nommer vier," sê Ruth.
Die finaliste moes toe een vir een die Hummer probeer oopsluit met die afstandbeheerde sleutel wat hulle getrek het.
"Toe dit my beurt is, kon ek dit nie glo toe die Hummer se ligte skielik opflikker en die deur oopsluit nie," glimlag Ruth breed.
"Ek kan nou nog nie slaap in die aand nie. Ek sien net die hele tyd hoe die Hummer se ligte aanflikker."
Mens kan amper sê Ruth het die Hummer gewen sonder enige moeite. Al wat sy gedoen het om in aanmerking te kom vir die prys, was om gedurende Januarie ‘n Cell C-kontrak te kry, ‘n kontrak wat sy by Solly’s Discount World op Louis Trichardt uitgeneem het.
"Die Hummer promosie is tot dusver fantasties. Ons is ongelooflik bly dat dit ‘n familie is wat ons ken wat die Hummer gewen het," het mnr. Solly Noor van Solly’s Discount World opgemerk.
Ruth, wat tans haar seun se voertuig leen om rond te beweeg, sê sy gaan die Hummer hou.
"Hier is mos ‘n agentskap wat hom kan diens! My seun Jannie spot en sê ons kan nou maar ruil."
Oor wanneer sy haar skitterprys gaan ontvang, sê Ruth dat haar nuwe ryding seker oor so ‘n week hier gaan wees. Daar is nog twee trekkings oor in Cell C se Hummer-promosie. Een vir Februarie en Maart.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
