ADVERTISEMENT:

 

Leerling met bottelstuk gesteek na geveg oor selfoon

 

News  Date: 29 February 2008

 

‘n Graad 11-leerling van Hoërskool Louis Trichardt moes Dinsdagmiddag dringende mediese hulp kry nadat ‘n mede meisiesleerling, wat klaarblyklik familie van hom is, hom met ‘n gebreekte bottel in die maag gesteek het.

Skoolgeweld is deesdae ‘n baie kontroversiële onderwerp, maar mnr. Henri Denner, hoof van Hoërskool Louis Trichardt, het Woensdag gesê dat ouers en inwoners versigtig moet wees om gevalle soos hierdie uit verband te ruk.

Die insident het net na skool plaasgevind, terwyl die twee leerlinge besig was om huis toe te stap in Andersonstraat, langs die munisipale swembad. ‘n Stryery het tussen die seun en die Graad 10-dogter ontstaan, klaarblyklik oor ‘n selfoon, waarna die meisie die seun met ‘n gebreekte bottel gesteek het. Die seun is aanvanklik vir mediese behandeling in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal opgeneem waar sy wond toegewerk is. Hy moes egter later die dag weer as gevolg van inwendige bloeding geopereer word, maar dié keer is hy in die Zoutpansberg Privaat Hospitaal opgeneem.

Alhoewel beide leerlinge van Hoërskool Louis Trichardt is, het die insident nie op die skoolterrein plaasgevind nie.

"My jurisdiksie eindig sodra die leerlinge die skoolterrein verlaat," sê Denner. In dieselfde asem het hy ouers die versekering gegee dat leerlinge se veiligheid prioriteit geniet en dat elke insident op die skoolterrein opgevolg en oortreders vasgevat word.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines