ADVERTISEMENT:

 

Mev. Mary Hattingh van die plaas Northwich het ‘n derde plek verower in die provinsiale Female Farmer of the Year 2004 kompetisie.

Mary derde in Boervrou-kompetisie

 

News  Date: 12 November 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Mev. Mary Hattingh van die plaas Northwich, het ‘n derde plek verower in die provinsiale Female Farmer of the Year 2004 kompetisie as topprodusent vir die uitvoermark.

Mev. Hattingh was die enigste Afrikaanssprekende dame by dié glansgeleentheid wat op 6 Oktober by die Meropa Sun deur 400 gaste bygewoon is. As finalis het sy prysgeld van R1 000 ontvang, asook R1 500 van NTK en R5 000 van die Departement van Landbou.

Mev. Hattingh behartig ‘n mini-groente hidroponiese boerdery. Sy het twee hektaar onder nette met babagroentes, soos klein pampoentjies, rissies en langlewe tamaties. Elke plant word in sy eie sakkie geplant en kry uurlikse voeding. Sy het al uitgevoer na verskeie lande. Tans is sy besig om haar lande skoon te maak en te steriliseer en gereed te kry vir die nuwe plantseisoen wanneer sy organies wil boer.

“Hierdie keer wil ek beter kwaliteit lewer. Afhangende van die markpryse, sal ek uitvoer of plaaslik lewer,” sê mev. Hattingh.

In die plaaslike kompetisie op 15 Julie het Mary die eerste plek in die uitvoermark in die Makhado Munisipaliteit kategorie verwerf, asook die derde plek in dieselfde kategorie in die Vhembe distrik.

Buiten die hidroponiese boerdery, behartig Mary (56) verskeie gastehuise, ‘n jagkamp, spyseniering, ‘n snuisterystalletjie en winkel, ‘n varkboerdery, boerbokke, die bottel van water en ‘n bakkery.

“Ek wil graag uitbrei met die bak van koekies en met waterlewering,” sê hierdie kranige vrou wie se hande vir alles regstaan.

Mary se geheim is “Jy moet net aanhou werk. Ek sê altyd vir my werknemers: ‘As jy bicycle ry, moet jy aanhou trap, anders gaan jy baie hard val.’”

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines