

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 March 2008
Die 16-jarige tiener seun van Musina wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy 14-maande-oue niggie verkrag het, is Vrydag, 22 Februarie, in die streekhof op Louis Trichardt tot sewe jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Die seun se saak het Dinsdag, 19 Februarie, weer voorgekom. Hy is skuldig bevind maar vonnisoplegging is uitgestel na verlede week in afwagting op ‘n verslag van die proefbeampte in die saak, weens die seun se jeugdige ouderdom.
Die tiener het in November 2006 skuldig gepleit, nadat DNS-toetse gewys het dat hy wel die dogtertjie verkrag het. Sy oorspronklike verweer was dat die 14-maande-oue dogtertjie geval het en hy haar per ongeluk met sy vinger gepenetreer het. Die DNS-toetse het egter die teenwoordigheid van sperms gevind.

ADVERTISEMENT:
