ADVERTISEMENT:

 

Saak teen man wat met renosterhorings betrap word duur voort

 

News  Date: 07 March 2008

 

Sebastian Pongo Ngulele (58) van Mosambiek het Dinsdag, 4 Maart, in die streekhof op Louis Trichardt verskyn op twee klagte van onwettige jag.

Die klagte teen Ngulele hou verband met die onwettige jag van bedreigde spesies, sowel as die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Die saak spruit uit ‘n voorval tussen 21 en 23 Oktober verlede jaar by Vlakteplaas binne die Kruger Nasionale Wildtuin toe twee wit renosters gejag en geskiet is. Die karkasse, wat in die veld agtergelaat is, is deur wildbewaarders gevind en daar is besluit om die karkasse top te hou.

Ngulele is op 18 November aangekeer, nadat hy na bewering na die karkasse teruggekeer het om die renosterhorings te herwin. Hy is aangekeer met die twee horings in sy besit, asook ‘n vuurwapen wat in die Mosambiekse weermag gebruik is. Die waarde van die twee renosterhorings het tussen R110 000 e R174 000 beloop.

Ngulele se saak is uitgestel vir ‘n borgaansoek tot Dinsdag, 11 Maart. Sy verhoor is geskeduleer vir 26 en 27 Mei.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines