ADVERTISEMENT:

 

Fick-aanvallers kry elkeen 15 jaar tronkstraf

 

News  Date: 21 March 2008

 

Uitspraak is die afgelope week gelewer in die saak teen die groep mans wat in 2004 aangekeer is na die plaasaanval op die toe 61-jarige mnr. Gillie Fick van die Waterpoort-omgewing.

Die groep mans wat kort na die aanval op klagte van gewapende roof aangekeer is, is Robert Mkhwanazi (29) van Alexandra, Nelumiso Ndabandaba (29) van Thembisa, Moses Mabehna (21) van Zimbabwe, Vusi Ncube (25) van Thembisa en Myelika Paul Freddy Tsolo (33) van Midrand. Al vyf van hulle is Woensdag, 12 Maart, in die streekhof op Louis Trichardt skuldig bevind. ‘n Sesde verdagte in die saak, Nkosana Ncube (34) van Thembisa, is reeds op 11 Augustus 2006 oorlede.

Die groep mans is daaraan skuldig bevind dat hulle gedurende die vroeë oggendure van Dinsdag, 5 Oktober, 2004, die toe 61-jarige mnr. Gillie Fick van die plaas Sodom aangeval het en hom van sy bakkie en .22-rewolver beroof het. Die groep is kort na die roof deur lede van die plaaswag en polisie aangekeer en al die gesteelde goedere is teruggevind.

Die hof het verlede week die mans skuldig bevind en elkeen is vir ‘n periode van 15 jaar tronk toe gestuur.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines