

ADVERTISEMENT:

News Date: 21 March 2008
Die Mosambiekse man, Sebastian Pongo Ngulele (58), wat aangekla word vir die onwettige jag van twee renosters in die Kruger Nasionale Wildtuin, se borg is Dinsdag, 11 Maart, op R35 000 vasgestel in die streekhof op Louis Trichardt.
Die klagte teen Ngulele hou verband met die onwettige jag van bedreigde spesies, sowel as die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Die saak spruit uit ‘n voorval tussen 21 en 23 Oktober verlede jaar by Vlakteplaas binne die Nasionale Kruger Wildtuin toe twee wit renosters gejag en geskiet is. Die waarde van die twee renosters wat geskiet is, beloop onderskeidelik R110 000 en R174 000. Ngulele is gearresteer deur veldwagters na ‘n lokval by die karkasse van die twee renosters. Hy is aangekeer met die twee renosterhorings in sy besit, asook ‘n vuurwapen wat in die Mosambiekse weermag gebruik is.
Die saak teen Ngulele is uitgestel na 26 en 27 Mei vir verdere verhoor.

ADVERTISEMENT:
