

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 April 2008
Reuse bome en boomlanings wat vir dekades lank reeds bekende landmerke is langs die bergpad noord van Louis Trichardt, se dae is getel.
Al die groot uitheemse bome binne die padreserwe langs die N1 bergpas is reeds geringbas en sal vrek. Dit sluit hoofsaaklik bloekom- en ook dennebome in, wat in die padreserwe vanaf Cloud’s End tot verby die Bluegumsport afdraaipad groei.
Die Nasionale Padagentskap Beperk (SANPAB) het onlangs begin met die projek om die bome tot niet te maak.
Groot bome wat geringbas is, sal mettertyd vrek. Dit sluit enkele bome in die omgewing van die Cloud’s End-afdraaipad in, asook ‘n indrukwekkende laan reuse bloekombome net verby die Bluegumsport-adraaipad.
Die bome sal vermoedelik mettertyd verwyder word as deel van die beveiligings- en opgraderingsprojek van die N1 tolpad.
‘n Woordvoerder van die SANPAD wou by navraag vandeesweek geen kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie. Die verteenwoordiger van SANPAD se streekkantoor in Limpopo het gesê: "Al wat ek kan sê is dat ons in alles die veiligheid van motorvoertuie op die N1 voorop stel. Ek kan niks verder oor die aangeleentheid sê nie."
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
