ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Ben Harris (tweede van regs), voorsitter van die plaaslike tak van die ATKV, en bestuurslid Marius Gilfillan (regs), het op Vrydag, 11 April, ´n sertifikaat van waardering aan mnr. Ben Phuru (tweede van links) oorhandig vir sy uitstekende gebruik van Afrikaans in besigheidsverband. Hier staan mnr. Godfrey Went (links), mede-eienaar van Bolt & Nut, saam met sy vennoot. Mnr. Phuru is sewe tale magtig.

ATKV-tak gee erkenning aan Afrikaanssprekendes

 

News  Date: 18 April 2008

 

"Ek het dit in my lewe nie verwag nie," was die woorde van ‘n aangedane mnr. Mohammed Rasool op Vrydag, 11 April, toe die ATKV se Louis Trichardt-tak ‘n sertifikaat van waardering vir sy gebruik van Afrikaans aan hom oorhandig het. Dieselfde eer het mnr. Ben Phuru, ‘n vennoot in Bolt & Nut, tebeurt geval.

 

Mohammed is welbekend onder plaaslike hengelaars en fietsryers vir die uitstekende diens wat hy lewer by sy winkel, Cycle Centre. Vriendelikheid, hoflikheid en goeie verhoudinge, wat van sy kliënte vriende maak, is ‘n kenmerk van wat mens by hierdie man en sy winkel aantref. Op ‘n vraag hoe en waar hy sulke uitstekende Afrikaans leer praat het, het hy aangedui dat dit alles aan sy Afrikaanse onderwyser op hoërskool te danke is.

Ben, daarenteen, het eers toe hy vennoot geword het van Godfrey Went by Bolt & Nut leer Afrikaans praat. Oor die afgelope 14 jaar het hy dit tot so ‘n mate bemeester dat hy uitsonderlike goeie verhoudings met Afrikaanse kliënte opgebou het. Dit is om hierdie rede dat die plaaslike tak van die ATKV besluit het om aan hom erkenning te gee vir sy bevordering van die taal. Hy is egter nie net Afrikaans magtig nie, maar praat nog ses ander tale.

 

Mnr. Ben Harris, voorsitter van die plaaslike ATKV-tak, het sy waardering teenoor die twee manne betoon en hulle bedank vir hulle bydrae tot die bevordering van Afrikaans. Hy het ook gevra dat nog sodanige persone, wie se moedertaal nie Afrikaans is nie, deur die publiek genomineer word vir die gebruik van goeie Afrikaans. Die bestuur sal dan verdere evaluering doen. Nominasies kan gedoen word by Ben Harris by tel. 082 895 2654 of by Marius Gilfillan by tel. 082 494 1155.

 

Written by

Nic Hoffmann

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines