

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 April 2008
‘n Battery-aangedrewe rolstoel is die afgelope week op Louis Trichardt deur lede van Ladies Circle 4 aan ‘n bekende inwoner, Johan Seegers, oorhandig.
Die rolstoel stel geriefliker beweeglikheid binne die bereik van Johan, wat die gebruik van altwee bene verloor het weens diabetes.
Die elektriese rolstoel van R14 250 is aangekoop met geld wat die Ladies Circle deur middel van verskeie gemeenskapsprojekte ingesamel het - projekte wat met groot geesdrif, maar ook met baie harde werk, swoeg en sweet deurgevoer is.
Melinda Prinsloo, voorsitter van die plaaslike Ladies Circle, het tydens die oorhandiging van die rolstoel vir Brian van Sheer Mobility bedank vir die gratis vervoer van die 70kg rolstoel vanaf Kaapstad tot op Louis Trichardt.
Johan en Lila Seegers het vandeesweek in ‘n spesiale bedankingsbrief hartlike dank uitgespreek teenoor almal wat bygedra het om die rolstoel te kon koop.
"Benewens die vroue van Ladies Circle 4, baie dankie aan die Afrikaanse Protestantse Kerk vir finansiële steun en die ombouing van die stortbad; ons moeder, Cilla Seegers, vir die gebruik van haar voertuig; oom Doors Ferreira en Stephané Viljoen (finansieel); Nico Bezuidenhout vir die staal konstruksie vir die slaapkamer; Retha en gade van Unique Steel vir die ombouing en installering van die voorhek; Phillip van Schalkwyk en Wessie vir die ombouing van die motor na handkontroles; Jandrell en Swanepoel Rekenmeesters en Van der Merwe Saagmeule Trust vir hul volgehoue geduld deur al die beproewings; Eric Nel, Rina van Schalkwyk, al ons familie, vriende en belangstellendes – Duisend dankies vir jul gebede, ondersteuning en bydraes. God se rykste seën word julle toegebid."
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
