ADVERTISEMENT:

 

´n Digte stand van Sesbania in blom in die padreserwe langs die Musina-Pontdrif pad. Foto verskaf.

Bossies blyk toe wel onkruid te wees

 

News  Date: 02 May 2008

 

Lede van die Limpopo-vallei Kruideprojek verskil van die mening dat "Sesbania spinosa", soos vroeër berig, ‘n "inheemse toenemerkruid" is.

In ‘n berig in die Zoutpansberger van 18 April is verwys na die digte stand van groen plante met geel blomme wat noord van Louis Trichardt in die padreserwe langs die N1 voorkom. In die berig is ‘n plaaslike kenner aangehaal wat die plante as "Sesbania spinosa" beskryf het.

Tuba en Retha van der Walt van die Limpopo-vallei Kruideprojek sê in ‘n brief, dié spesie is meer waarskynlik Sesbania bispinosa, wat ‘n probleemplant is.

Volgens verskeie bronne wat hulle aanhaal, is die spesie uitheems en oorspronklik afkomstig van Europa en Asië en word dit beskou as ‘n onkruid in landbougewasse soos katoen, onder andere in areas soos die Loskop-besproeingskema.

Hulle haal Clive Bromilov in sy werk Problem Plants of South Africa aan, waarin hy aanbeveel dat beheermaatreëls toegepas behoort te word voordat die spesie in ‘n gebied gevestig raak.

Die plant word aangetref vanaf Namibië, Botswana, en die noordelike provinsies van Suid-Afrika, tot in Swaziland en Kwazulu-Natal – dikwels in padreserwe, in vleiagtige gebiede of op rivieroewers.

Die spesienaam bispinosa verwys na onopvallende stekelagtige "dorinkies" wat op sommige plante aangetref word.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines