

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 May 2008
Slegs drie dae ná ‘n botsing met ‘n koedoe op die Vivo-pad die lewe geëis het van die 20-jarige Loutrisha Pillay, is nog ‘n bekende jong inwoner, die 21-jarige Stephen Goosen, dood na ‘n botsing met ‘n rondloper bees op die lugmagbasis-pad.
Goosen was ‘n bekende gesig op Louis Trichardt waar hy vir die afgelope twee jaar werksaam was by All Power Lawn & Equipment as Polaris-tegnikus. Hy is dood nadat die voertuig waarin hy gery het sowat 3 kilometer vanaf die ingang na LMB Makhado, waar hy woonagtig was, met ‘n bees gebots en omgeslaan het. Hy het kort na die ongeluk weens sy beserings beswyk. Die ongeluk het, volgens inligting, tussen 18:00 en 18:30 op Woensdag, 30 April plaasgevind, kort nadat die besigheid waar hy werksaam was vir die langnaweek gesluit het.
Wyle Goosen het sy laerskoolloopbaan by Laerskool Louis Trichardt voltooi en het in 2006 by Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer. Mnr. Don Page van All Power Lawn & Equipment het hom beskryf as ‘n pragtige seun wat ‘n blink toekoms voor hom gehad het.
"Dit was en is steeds vir ons ‘n groot skok," het Page op Dinsdag gesê.
Goosen se suster, Sharon, het Woensdagoggend bevestig dat sy begrafnisdiens Vrydag, 9 April, om 11:00 vanuit die NG Kerk Moedergemeente op Louis Trichardt sal plaasvind. Hy word oorleef deur sy pa, At, ma Gail, tannie Cathy en suster Sharon.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
