ADVERTISEMENT:

 

‘n Reuse bedrag van R83 290.16, wat tydens die suksesvolle Beitbrug na Kaapstad Fietstoer ingesamel is, is op 10 Mei deur die P&L Hardware Fietsryklub aan Marieta Slabbert van Reach for a Dream oorhandig. Van links is Heine de Jager (klubvoorsitter), Marieta en Johan van Dijkhorst (toerleier).

Fietsryers help baie se drome waar word

 

News  Date: 16 May 2008

 

Die reuse bedrag wat tydens die suksesvolle Beitbrug na Kaapstad Fietstoer ingesamel is, is aan Reach for a Dream oorhandig.

Tydens ‘n funksie op 10 Mei by die P&L Hardware Fietsryklub se klubhuis is ‘n bedrag van R83 290.16 deur Marieta Slabbert van die plaaslike Reach for a Dream-tak in ontvangs geneem. Sy het haar dank teenoor die P&L Hardware Fietsryklub en almal wat by hierdie mooi projek betrokke was, uitgespreek en ook genoem dat dit een van die grootste bedrae is wat nog deur ‘n buite-organisasie vir hulle ingesamel en oorbetaal is.

Die fietstoer het op 16 Februarie op Beitbrug, noord van Musina, begin en 21 dae later in Kaapstad geëindig, betyds vir die fietsryers om op 9 Maart aan die Argus Fietswedren deel te neem. Behalwe om Kaapstad per fiets te bereik, was die doel van hierdie toer om geld in te samel vir Reach for a Dream, ‘n organisasie wat hulle daarvoor beywer om die drome van kinders met lewensbedreigende siektes waar te maak.

Die fietsryers het vooraf geld ingesamel en borge gekry om hulle per kilometer te borg vir die volle 2100km tot in Kaapstad. Langs die pad, soos hulle van dorp tot dorp gery het, het skole, universiteite en inwoners uit elke dorp hulle harte en beursies oopgemaak vir hierdie goeie saak.

"Die borge wat die toer moontlik gemaak het, verteenwoordigers van die plaaslike munisipaliteit, die fietsryers wat getrap het en hul gesinne het almal die aand lekker saam gekuier en foto’s gekyk, asook die insetsel oor die toer wat op die KykNet program Kwêla vertoon is," sê die organiseerders.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines