ADVERTISEMENT:

 

´n Nuwe klaskamer by Mara Gekombineerde Skool op Buysdorp is gebou deur VN-befondsing. Die skoolhoof, me. Joyce Vilander, staan by die nuwe gebou.

Professor help Mara om klaskamer by te kry

 

News  Date: 16 May 2008

 

Voeg Buysdorp, ‘n professor in antropologie en die VN bymekaar en jy kry ‘n nuwe klaskamer op Mara.

Mara Gekombineerde Skool op Buysdorp is ‘n klaskamer, rekenaar en tafel ryker.

"Dit is alles deur die bemiddeling van prof. Mike de Jongh. Daar is selfs ‘n ‘staalkamer’ in om die nuwe rekenaar te beveilig," sê die skoolhoof, me. Joyce Vilander.

Prof. De Jongh, hoof van die dubbele departement Antropologie en Argeologie van die Universiteit van Suid-Afrika, werk al ‘n geruime tyd onder die Buyse en het al heelwat in dié verband gepubliseer.

Waar pas die VN in die prentjie in? De Jong vertel: "Senior antropologiese studente van oor die wêreld kom vir opleiding na Unisa. Ek neem hulle saam om te kuier by die Buyse en onderhoude te voer. Twee van Switserland se studente het aan so ‘n ekskursie deelgeneem. Een woon in Geneve en was werksaam by die VN, waar ‘n VN-fonds vir oud-werknemers bestaan. Deur daardie fonds het ons geld bekom vir ‘n ekstra fasiliteit vir die skool."

De Jong werk deur die bestuurskomitee op Buysdorp en sê dat hy graag daar sal wil wees vir die verkiesing van die nuwe bestuur.

Uit sy pen is nou ‘n boek aan die kom met die titel Die Buysdorpers van die Soutpansberg, met die onderskrif Suid-Afrikaners uit eie bodem. Die boek sal in Afrikaans en in Engels verskyn.

"Daar het steeds inligting bygekom en ek het aanmekaar bygewerk. Die verbeterde boek moet nog uitkom," sê De Jongh.

Intussen is die skool opgewonde oor hul nuwe fasiliteit.

"Die professor het ongeveer twee jaar gelede met die bemiddeling begin. Die bouery is einde verlede jaar begin en is in Februarie vanjaar voltooi," sê Vilander.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines