

ADVERTISEMENT:

News Date: 23 May 2008
Klagte teen die 51-jarige Jacobus van Marle, of Koks soos hy in die Musina-omgewing bekend staan, is Dinsdag in die hof op Musina voorlopig teruggetrek.
Die klagte teen Van Marle en ‘n mede-aangeklaagde, Malakia Kwinda, hou verband met die beweerde onwettige besit van militêre toerusting, ammunisie asook wildsverwante produkte. Van Marle is op 22 Augustus 2007 gearresteer, nadat die toerusting en wildsprodukte op sy perseel gevind is. Die toerusting het, volgens inligting, verskeie kamoefleer weermaguniforms, gasmaskers en ‘n duur militêre nagsigteleskoop ingesluit. Hy is gearresteer ‘n dag nadat Kwinda aangekeer is, ook na bewering met twee stelle kamoefleer weermaguniforms en onwettige ammunisie in sy besit. Die polisie het ook beslag gelê op twee vars buffelvelle, twee luislangvelle, olifantspote, ‘n olifantvel en -bene wat met ‘n kettingsaag gesny is. Daar was ook skedels van ‘n leeu en luiperd. Van Marle is woonagtig binne die Madimbo Korridor, terwyl Kwinda van die Masisi-area is.
Die Madimbo Korridor het einde verlede jaar gebuk gegaan onder ‘n vlaag gevalle van onwettige jag vir vleis, asook olifante vir hul ivoor. Op 31 Desember verlede jaar is twee onwettige jagters in die korridor doodgeskiet, na ‘n skietgeveg met wildbewaringsbeamptes. Die vermoede bestaan dat onwettige jagters die kamoefleer weermaguniforms gebruik om lede van die polisie en weermag wat die area patrolleer te mislei.
Mnr. André Weideman, hoofaanklaer in die Thohoyandou-streek, het Woensdag gesê die klagte teen Van Marle en Kwinda is voorlopig teruggetrek omdat die Staat nog besig is om hul ondersoek teen die twee af te handel.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
