ADVERTISEMENT:

 

Mnr. George Cronje, voormalige inwoner van Louis Trichardt en bekende in sakekringe, wat voorverlede week dood is in ´n motorongeluk.

Voormalige Sakeman van die Jaar sterf in ongeluk

 

News  Date: 23 May 2008

 

‘n Bekende sakeman en voormalige inwoner van Louis Trichardt, mnr. George Cronjé (39), is voorverlede week dood nadat sy voertuig in ‘n botsing betrokke was met ‘n vragmotor op die N1-suid buite Polokwane. Cronjé was ‘n voormalige Soutpansberg Sakeman van die Jaar.

Cronjé was medebestuurder van Pietersburg Auto Electronics (PAE) ten tye van sy dood. Die ongeluk het omstreeks middernag naby die Shell Ultra City op die N1-suid plaasgevind, nadat ‘n vragmotor na bewering ‘n U-draai op die N1 uitgevoer het en Cronjé daarin vasgery het. Twee ander mense is ook in die botsing beseer. ‘n Dossier van strafbare manslag is deur die polisie geopen teen die bestuurder van die vragmotor, wat vir ‘n Vanderbijlparkse onderneming werk.

Volgens dié wat hom geken het, was Cronjé baie hulpvaardig en ‘n mens wat diep in ander mense se harte ingekruip het. Behalwe vir sy betrokkenheid by PAE, het hy ook ‘n belang gehad in Oficina. Vir ontspanning het hy graag aan tydrenne deelgeneem.

George laat sy pa, broers, suster, sy vrou, Elsabé, en drie kinders (Jacques, Jean en Nita) agter.

Die begrafnis het Donderdag, 15 Mei, uit die NG-Moedergemeente in die stad plaasgevind.

 

Written by

Nic Hoffmann

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines