

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 November 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Bekende plaaslike sakeman, mnr. Nico Myburgh (54), is Maandag in Polokwane oorlede.
Volgens sy eggenote, mev. Maud Myburgh, het Nico Saterdagmiddag tuis ‘n breinstam beroerte gehad. Hy is na Polokwane oorgeplaas, waar hy Maandagoggend gesterf het.
Mev. Myburgh, wat die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga se dienste op Louis Trichardt behartig, sê dit het alles skielik en onverwags gebeur.
“Hy was nie ‘n sieklike mens nie. Ons was Saterdagmiddag rustig in die voorkamer. Hy het by die tafel gesit. Hy het net skielik ineengestort en ek kon hom nie weer by kry nie.”
Nadat ‘n dokter ontbied is, is Nico na Polokwane oorgeplaas, waar ‘n breinskandering gedoen is en hy onmiddellik in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is. Hy is Maandagoggend oorlede.
Nico was bekend vir sy betrokkenheid by die onderneming N&M Spares. Tot met sy dood was hy werksaam by K.M. Engineering.
Die egpaar het mekaar in 1975 in Louis Trichardt ontmoet en is in 1977 getroud. Hulle het twee seuns, Wikus (23) en RC (21).
Die begrafnis is Vrydagoggend (26ste) om 11:00 uit die N.G. Kerk Louis Trichardt-gemeente.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
