ADVERTISEMENT:

 

Wyle klein Ash Wood (11 maande).

Swembad eis babaseuntjie

 

News  Date: 30 May 2008

 

Vir ‘n tweede keer hierdie jaar rou die Soutpansberg-gemeenskap saam met ‘n familie van Louis Trichardt wat ‘n jong babaseuntjie aan die dood moes afstaan.

Die 11-maande-oue Ash Wood, seun van ma Leonie en pa Ash Wood en kleinkind van Jana en Dennis Smith, het Sondagmiddag, 25 Mei, in ‘n swembad verdink.

Leonie was die namiddag besig om gereed te maak vir kerk, terwyl klein Ash en sy boetie, Caedmon, saam met Jana en Dennis in die sitkamer gespeel het.

Soos babatjies maar is, het klein Ash in ‘n stadium na sy ma gaan soek. Omstreeks 17:40 het Leonie by die sitkamer ingestap en gevra waar klein Ash is. Daar is dadelik na hom gaan soek. Oomblikke later is hy die swembad gevind. Alle pogings om hom weer by te bring, het misluk. Klein Ash het in die swembad geval nadat hy by ‘n veiligheidshek in die waskamer van die huis uitgeglip het.

"Ons wil ons hartlike dank aan dr. André van der Walt en die personeel van die privaathospitaal betuig vir hul diens," het ‘n bedroefde Wood en Smith-familie Dinsdag gesê. Hulle het ook hul dank uitgespreek teenoor al hul vriende en familie wat hulle bygestaan het in hul uur van nood. Innige dank is ook uitgespreek teenoor pastoor Johan van Rensburg en ds. Hans Grobler vir hulle onderskraging en woorde van bemoediging.

"Dankie ons Liewe Vader en Heer vir die tydperk wat Ash ons lewens kon verryk, vir die geleentheid wat ons gehad het om hom te deel, vir die wete dat hy aan U sy is en vir die krag om die verlies te verwerk," is die boodskap van die familie.

Klein Ash word Vrydag, 30 Mei, om 14:00 vanuit die AGS-gemeente in Munnikstraat op Louis Trichardt begrawe.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines