ADVERTISEMENT:

 

Damme daal, maar boere nog nie bekommerd nie

 

News  Date: 06 June 2008

 

Die damme in die omgewing se watervlakke daal steeds, maar die landbousektor voorsien nie onmiddellike waternood vir die winter wat reeds op hande is nie.

Die Albasinidam het op 37.03% gestaan op 2 Junie. ‘n Maand gelede het die Albasini op 38.5% gestaan. Die damvlak in meters het amper ‘n halwe meter vanaf 12.73 na 12.39 gesak.

Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA- Noord, sê dat die landbou in die omgewing "op die oomblik nog reg is vir die winter." Hy sê dat die landbou hier nie in die wintermaande baie afhanklik van die damme is nie.

"Ek sien die damgebruik op Levubu is baie laag en daar is nooit water in die kanale nie. Die boere is dus in die winter selfvoorsienend," sê Joubert.

Die Nzheleledam se vlak het die afgelope maand gedaal vanaf 24.8 meter na 24.26 meter. Die vlak van dié dam was verlede maand 85%. Die damvlak vir hierdie maand is nie aangegee deur die Departement van Watersake en Bosbou nie.

"Ek dink nie ons het in hierdie stadium groot kommer oor die vlakke van die ander damme nie. Ek het geen bydrae gekry van mense wat sê hulle het waternood nie. As ons kyk na ons besproeingsgebied waar ons van privaat-ontginde water gebruik, met ander woorde ons sandbedddings, ons riviere en ons grondwater, dan is daar nie op die oomblik nood nie," sê Joubert. As die somerseisoen egter laat aanbreek en die temperature gaan baie op, sê Joubert, gaan die besproeiingsbehoeftes baie wees en "dan het ons moeilikheid".

Die Vondodam het die afgelope maand van 99% na 96.37% gedaal, terwyl die Nandoni stabiel gebly het op 99.71%. Die Middel Letaba het egter ‘n laagtepunt bereik met vyf meter water en ‘n kapasiteit van 11.58 %.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines